|
|
In 2001 het Distell Ltd ontstaan met die samesmelting van Distillers en SFW. Die Goudini distilleerdery, het n ryke geskiedenis van distilling en wine blending en is gestig in September 1900 deur J Sedgwick & Company, gekoop van n boer Daniel Stephanus Botha vir £260. Goudini Distilleerdery is in 1970 ingelyf by SFW toe hulle J Sedgwick & Co oorgeneem het en het toe selfs as 'n wynmakery bekend gestaan toe basis wyne vir Oom Tas, Virginia en Crackling hier gemaak is, maar na die gedeelte oorgeplaas is na Stellenbosch staan Goudini bekend as n volwaardige Distilleerdery vanwaar brandewyn vermeng word en in bulk versend word na die botteleringsdepots. In 1988 het Goudini die amptelike huis van Mellow-Wood,Olof Bergh Solera Brandewyn, Suid Afrika se eerste brandewyn van oorsprong, naamlik van die Breede Rivier Vallei geword. Distell Goudini is nie net bekend vir sy brandwyne nie, maar ook vir sy gefortifiseerde wyne, naamlik Sedgwick Old Brown Sherry, Ship Sherry, en Sedgwicks Gov House Port wat ook hier vermeng word.
|
||||||||||||
|
Copyright © 2008-2012 Breedekloof, All rights reserved. |
|||||||||||||